kykNET February 2015 daily highlights

kyknetkykNET February 2015 daily highlights

Kyk wat maak ons nou – NUUT

Begin Maandag 16 Februarie om 20:30

Vlug na Egipte

Dinsdae om 20:30

Episode 4

3 Februarie

Dominee vra Hennie ‘n groot guns, en Lena probeer stilletjies haar bene rek – dalk probeer Meester haar help? Breggie kry onverwags ‘n pakkie uit Gauteng, en Gertjie wil by Hennie weet of Lea haar tyd mors met hom. Sanna probeer Roulien help deur haar na Tony te neem vir regshulp, terwyl ‘n begrafnis op die dorp beide simpatie en kritiek by die Karoliete ontlok. Charles en Giel se konfrontasie laat Gertjie en Lena ook hewig koppe stamp.

 

Episode 5                                                                                                       

10 Februarie

Die Karoliete kom nader aan die waarheid oor wat gebeur het met die Haasbroeke in Pretoria, en Gertjie word sleg deur haar pa Giel uitgevang. Rooikappie en Kortjas besluit om in te meng in ander se verhoudings, en Tony se kuier by Roulien maak hom laat vir ‘n belangrike ete-afspraak met Sanna. “Meester se huis” veroorsaak probleme vir die Haasbroeke, terwyl Rooikappie haar eie huisie kwyt is. Abdoel se goeie nuus laat die opsitkers laag brand.

 

Episode 6                                                                                                       

17 Februarie

Dot voel skuldig oor Troffel se wildsvleis, en diefstal op Daggafontein is die begin van ‘n sluwe plan. Gertjie en Charles kom tot ‘n vergelyk oor geld, terwyl Rooikappie na iets belangriks soek – wat sy om die dood nie kry nie. Cyril en Abdoel se konfrontasie hou groot gevolge vir Kortjas in en boonop gebeur iets met Priscilla.   Hennie vra Tony se hulp met sy kinders, terwyl ‘n ontdekking oor Dominee lede van die gemeenskap ruk.

 

Episode 7                                                                                                       

24 Februarie

Lea en Lena kyk die harde waarheid saam in die oë, en windpompies steel is nie al waarvan Abdoel verdink word nie. Hennie probeer die stryd tussen Charles en Sanna oor Meester se huis besleg, en die Karoliete sit koppe bymekaar om uit te pluis waar die twee vermistes skuil. Daar is ‘n bloedige vuisgeveg op Daggafontein en een Karoliet se lewe eindig gewelddadig.

 

Jou Show

Maandae om 20:30

 

Episode 155

2 Februarie

Koos Kombuis vertel ou stories en sleep die mikrofoon nader vir ‘n liedjie. Hélène Truter gesels oor ‘n leeftyd voor en agter die kamera, terwyl Die Jaloersbokkies ons ateljee volstaan en musiek maak. Wicus en Anne is soos altyd weer besig om onmin te saai…

 

 

 

 

 

Episode 156 – Reeks eindig

9 Februarie

Dit is die laaste episode in die reeks en Brandon October kom kuier in die ateljee. Crystal-Donna Roberts kom hou haarself mooi voor ons kameras. En as ‘n lekker verrassing kom Wicus en Anne die keer saam in die ateljee kuier en deel hierdie seisoen se agter-die-skerm-stories!

 

Fiesta

Maandae om 20:00

 

Episode 601

2 Februarie

DARLING VOORKAMERFEST

Een van die mees unieke feeste in ons land is die Darling Voorkamerfest. Vanaf Evita se Perron neem jy ‘n minibus taxi volgens ‘n kleurkaartjie wat jy gekoop het. Dan wag daar drie verrassingskonserte vir jou in die voorkamers van die mense van Darling. Geen feesganger weet wat om op sy roete te verwag nie en kry deur die loop van die naweek die kans om meer as een roete te doen. Die digter en joernalis Danie Marais is vandeesweek ons gas-aanbieder.

 

Ouverture

Sondae om 14:30

 

1 Februarie

Europa Konsert uit Praag E

Die Europa Konsert is ‘n jaarlikse instelling van die Berlynse Filharmoniese Orkes en die gebeurtenis vind telkens in ‘n ander kultuurstad in Europa plaas.  Hierdie 2013 uitvoering is in Praag gehou in die Spaanse Saal van die Kasteel.  Die Orkes word gedirigeer deur Sir Simon Rattle en die solis is die mezzo-sopraan Magdalena Kozená. Die program sluit in werke van Vaughan Williams, Dvorák en Beethoven.

 

8 Februarie

Alonso King (ballet) P

Die Alonso King Ballet-geselskap spits hulle toe op moderne werke. “Triangle of the Squinches” is ‘n ko-produksie met legendariese musikant Mickey Hart en die cutting-edge argitek Christopher Haas. Hulle eksperimenteer met die liggaamsvorm en die innerlike betekenis daarvan.

 

15 Februarie

Bellini: I Capuleti e i Montecchi (opera) E

In die gees van Valenstynsdag kyk ons na die beroemdste liefdesverhaal van alle tye.   Bellini se bel canto-meesterstuk is geïnspireer deur die tragiese verhaal van Romeo en Juliette. In die rolverdeling luister ons na die internasionale sterre Joyce DiDonato en Nicole Cabell as die gedoemde minnaars. Die dirigent is die bel canto-spesialis, Riccardo Frizza.   ‘n San Francisco Operahuis-produksie in ko-produksie met die Beyerse Staatsopera in München.

 

22 Februarie

Verbier Festival: David Kadouch (klavier) P

As deel van die Verbier Festival in Duitsland luister ons na die pianis David Kadouch in ‘n uitvoering van musiek van Liszt, Medtner, Taneyev, Chopin en Mendelssohn.

 

Reis na gister

Dinsdae om 20:00

 

Episode 30

3 Februarie

Whitey Basson

Een van Suid-Afrika se grootste entrepreneurs Whitey Basson, is ‘n plaasseun van die Porterville omgewing. In die episode gaan wys hy ons presies waar sy grootwordplaas Dasbosch, geleë is.

 

Episode 31

10 Februarie

Marc Lottering

Die naam Marc Lottering prikkel die lagspiere by elke Suid-Afrikaner. In hierdie episode kuier en lag ons saam met die bekende komediant in die plek waar hy gebore is, Kaapstad.

 

Episode 32

17 Februarie

Zelda la Grange

Zelda la Grange was nie net Madiba se regterhand nie, maar sy het ook saam met hom die wêreld verower. Hierdie week ry ons saam met haar rond in die mooie Jacarandastad, haar grootwordplek.

 

Episode 33

24 Februarie

Corné Krige

Almal wat hom ken, is dit eens dat Corné Krige die Springboktrui en kapteinskap verdien het. Die nederige man gaan wys ons waar hy as baie jong seuntjie alleen sy weg moes oopsien in ‘n Paarlse skoolkoshuis, omdat sy ouers in Zambië gewoon het.

 

Sandra op ‘n Drafstap

Woensdae om 20:30

 

Episode 49 plus Episode 50

5 en 12 Februarie

Wilma Snyman

Sandra vertrek op ‘n nostalgiese trip saam met hierdie groot dame van die teater. Trane vloei en saam lag-lag hulle oor jare van wel eer.
Episode 51

19 Februarie

Marida Swanepoel

Sandra luister in verwondering hoe KykNET sy eerste asem gegee het.

 

Episode 44

26 Februarie

Neels Hansen

Sandra se laaste onderhoud met die bekende operaregisseur,- choreograaf en kostuumontwerper, Neels Hansen, haar groot vriend van jare. Dit is ‘n nostalgiese blik oor sy lewe

 

Die Silwerskermfees Kortflieks

Saterdae om 21:00

 

Totsiens, Pa

7 Februarie

Dramedie

MET Elsabé Daneel, Marion Holm, Helèné Truter, Antoinette Louw, André Weideman en Ronald Daw VERVAARDIGER: Jaco Loubser

REGISSEUR: Ben Heyns

PRODUKSIEBESTUURDER: Martin Gouws

DRAAIBOEKSKRYWER: Philip Nolte

 

Na vier jaar van stilte word vier susters deur die laat stadium van kanker by hulle pa, forseer om mekaar weer te sien. Hulle moet afskeid neem van hom, maar leer dat hulle mekaar in die proses weer gaan ontmoet. Leani, die laatlammetjie, wil nie glo dat hul pa besig is om te sterf nie. Hannie, die uitspattige multi-miljoenêr, wil nie rêrig daar wees nie. Linda, ’n verpleegster, is meer gefokus op die mediese toestande as haar eie emosionele toestand. Mari wil net die vrede bewaar en met waardigheid afskeid neem. Maar daar ís iets waaroor klarigheid gekry moet word: die erfporsie. Hierdie erfporsie bring die donkerkant in hulle na vore. Linda wil alles hê. Hannie kort niks nie. Mari wil regverdig wees. Leani wil nie hierdie besluite neem terwyl hul pa nog asemhaal nie. Is dit moontlik dat susters mekaar weer kan vind nadat hul eie geraamtes uit die kas geruk word?

 

 

Neem my saam

14 Februarie

Drama

MET Jenna Dunster, Jacques Bessenger, Peter Terry, Cobus Venter, Hannelie Warren, Marlee van der Merwe, Tessa Denton, Marno van der Merwe, Ashleigh Harvey, Rosebelle Clasen, Mienki du Toit, Zandré Grové, Martin le Maitre, Edrien Erasmus, Paul Kruger, Gideon le Roux, Herman Vorster en Doreen Coetzee

VERVAARDIGERS: Tessa Denton en Ashleigh Harvey

REGISSEUR: Daniel Janks MEDEVERVAARDIGER: Black Sky Bullet Productions

OORSPRONKLIKE KONSEP: Tessa Denton

SKRYWERS: Ashleigh Harvey, Tessa Denton en Christine Voorendyk

ASSISTENT-REGISSEURS: Ashleigh Harvey en Tessa Denton

REDIGERING: Bryan Bartle

 

Hannah is ’n lewenslustige jong meisie wat liefde vind op ’n plek waar sy nooit verwag het sy sal nie. Hannah en Riaan, die liefde van Hannah se lewe, spandeer hulle tyd saam deur stories op te maak. Ongelukkig is wat Hannah hoop vir die mense om haar, baie anders as die realiteit. As jy saam met dieselfde mense gesit het, en jy klaar alles van hulle weet, kan jy naderhand nie nuwe stories oor hulle uitdink nie. Maar jy kan jou verbeel hoe hulle sou klink.

 

‘n Liefdeslobotomie

21 Februarie

Romkom

MET Eddie de Jager, Suzzi Swanepoel en Solomon Cupido

REGISSEUR EN REDIGEERDER: Valente Bosch

DRAAIBOEKSKRYWER EN VERVAARDIGER: Charl Diener

KINEMATOGRAAF, REDIGERING EN KLEURVERSORGING: Eduan Kitching

ADDISIONELE SKRYFWERK EN TEKSREDIGERING: Valente Bosch, Semona Diener en Mitzi Booysen UITVOERENDE VERVAARDIGER: Mike Eksteen

 

Zander van Zyl is ’n onkreatiewe bleeksiel. Hy dink met sy logiese linkerbrein en kies ’n grys wêreld. Sy enigste vriend is Marcus Meintjies, ’n luidrugtige ekstrovert met ’n humorsin en ’n liefde vir mense – veral vir sy goedhartige vriend, Zander. Marcus probeer vir Zander uit sy groef kry en oorreed hom om ’n biertjie ná werk te geniet. Dis hier waar Zander die oulike, kleurvolle, kunstige Lalie ontmoet.     Zander besluit om drastiese stappe te neem om Lalie te beïndruk en danksy Marcus gooi hy sy hele lewe omver. Só word Zander met homself gekonfronteer en moet hy besluit of verandering vir hom werklik geluk gaan bring en of dit hom in ’n ewige omwenteling van twyfel gaan instuur?

 

Onder die tafel

28 Februarie

Drama

MET Pietie Beyers, Susanne Beyers, Marcel van Heerden, Wilhelm van der Walt, Rolanda Marais, Scot Cooper, Mary Dreyer, Joanie Combrink, Roeline Daneel, Nicole Jaekel Strauss

VERVAARDIGER: Fiela Jonck

SKRYWERS: Nicole Jaekel Strauss en Hannes Loubser

REGISSEUR: Hannes Loubser

REDIGERING: Zelmari Degenaar

 

Wat gebeur as ’n onuitgesproke waarheid die tradisionele samesyn van die Sondagmiddagmaal uitdaag tot besinning en verandering?   Elke gesin het ’n geheim… Wat Katerine Cronjé nie weet wanneer sy haar feesmaal vir familie en vriende voorberei nie, is dat die driegangmaaltyd nie al is wat opgedis gaan word nie. Kook daar iets onder haar seun se vel? Wat broei in haar dogter se nuwe liefdesverhouding? Voer Ouma iets in die mou? Tussen voorgereg en nagereg – op en om en ook ónder die tafel – kom allerlei sluimerende kwessies ter sprake wat Katerine en haar tafelgenote dwing tot nuwe insigte en vars verbintenisse.   Onder die Tafel is ’n film oor dit wat gewoonlik nié om die tafel gesê word nie, en oor die potensiële ontrafeling van ’n gesin se wese wanneer familielede moet kies tussen illusie, ontkenning en aanvaarding van die werklikheid.

Flieke

Saterdae om 21:30

 

Vrou soek Boer

7 Februarie

Romanse /Komedie

 

’n Mens se baksels proe altyd beter as jy verlief is.

 

Mareike is ’n stadsmeisie en suksesvol in haar veeleisende beroep. Haar liefdeslewe laat egter veel te wense oor. Ná ’n onderonsie met haar baas, verruil sy die stad vir die platteland om ’n bakkery oor te neem wat sy geërf het. Haar nuwe lewe hou meer in as wat sy kon indink. Buiten dat sy haar snyerspakkies vir ’n voorskoot moet verruil, begin die poppe dans wanneer sy tussen Meneer Aantreklik en Meneer Reg moet kies.
Die frustrasie oor haar onvermoë voor die bakoond in die bakkery word vererger wanneer sy gereeld in Neil, ’n boer van Wakkerstroom, bly vasloop. Ná ’n heel paar rampspoedige afsprake met mans in die omgewing ontmoet sy vir Stander wat glo Mareike is die vrou vir hom. Maar is Stander die man vir haar of gaan sy en Neil hulle aanvanklike irritasie met mekaar vir iets meer kan verruil?

 

Met Lika Berning, Nico Panagio, Bok Van Blerk, Marga Van Rooy, Almarida Reynecke, Rowan Cloete

Regie Maynard Kraak. Musiek Kevin Kraak. 2014

 

Pad na jou Hart

14 Februarie

Romanse/Avontuur

 

Vind jou ware noord.

 

Basson van Rensburg, ‘n jong, aantreklike en selfvoldane besigheidsman, het vyf dae om by sy pa se begrafnisdiens in Kaapstad uit te kom, maar hy moet sekere take voltooi op hierdie reis voordat hy die suksesvolle familie-maatskappy kan oorneem.
Sy enigste kans om betyds daar aan te kom, is ‘n saamrygeleentheid met die beeldskone boheemse meisie, Amory. Soos hulle deur die asemrowende natuurskoon van Suid-Afrika reis, ontmoet hulle wonderlike karakters wat sorg vir vir lekkerlag-oomblikke en lewensveranderende ervarings.
Om weer in die liefde te glo, was nie deel van een van hulle twee se plan nie, maar hulle kan nie help om te besef dat met elke draai wat hulle die lang pad af Kaap toe maak niks nog ooit meer bestem gevoel het nie.
Hul veiligheid word skielik bedreig wanneer ‘n ‘donker’ figuur met sy eie agenda hulle op sy motorfiets inhaal. Basson en Amory word gekonfronteer met teleurstelling, hartseer en die wete dat op jou lewenspad dit onvermydelik is dat jy ‘n paar slaggate gaan teëkom of verkeerde afdraaie gaan neem nie.

Maar maak nie saak hoe moeilik die pad mag wees nie, op pad na ware liefde, is waar jy jou ware noord sal vind.

 

Met Ivan Botha, Donnalee Roberts, Marius Weyers, Franci Swanepoel, David James, Marcel Van Heerden. Regie Jaco Smit. Musiek Benjamin Willem. 2014

Konfetti

21 Februarie

Romantiese komedie

 

‘n Troue so mal, dis perfek.

 

Jean en Sheryl staan op trou. Hy is Afrikaans en sy Engels (uit ‘n Joodse familie). Die twee families is opgetens en Lukas, die strooijonker, het deur al sy drankies vergeet om die band vir die troue te bevestig. Uit desperaatheid bespreek hy die eerste beskikbare sanger – groot fout! Bianca is die bruid se aardsvyand en Sheryl se perfekte dag ontaard in ‘n nagmerrie.  Lukas moet dinge bymekaar probeer hou om die troue van die jaar te laat realiseer, dis nou as hy die ring kan kry.

 

Met Louw Venter, Nico Panagio, Casey B. Dolan, Kim Engelbrecht, Casper De Vries, Christel van den Bergh en Jana Strydom. Regie Zaheer Bhyat. Draaiboek Louw Venter. 2014

 

Stuur groete aan Mannetjies Roux

28 Februarie

Drama

 

‘n Familiedrama wat handel oor die gevare van jare se waarheid onder die mat vee en hoop vir die beste. ‘n Tienermeisie, Engela, besoek haar oom Frans en tante Koba se plaas in die Karoo in ‘n skoolvakansie. Dan begin ‘n ontdekkingsreis: sy moet uitvind wie sy werklik is en waar sy vandaan kom. Drie besoekers in een week verander haar lewe onherroeplik en haar oom Frans se obsessie met die drie van Mannetjies Roux word helaas verklaar.

 

Met Ian Roberts, Anna-Mart van der Merwe, Lizelle de Klerk, Elton Landrew, Steffie le Roux, Wilhelm van der Walt, Ilse Oppelt, Laurika Rauch. Regie Paul Eilers. Musiek Jaconell Mouton. 2013

 

Thomas @

Dinsdae om 17:30

 

Episode 18

3 Februarie

[email protected]

Lukas soek onbeholpe hulp en Lillian voel verlate. Sharky September is ‘n gevaarlike kalant om mee rekening te hou. Hannes is nog steeds ekstra op sy hoede vir die boelies en Thomas besluit om reg in eie hand te neem, maar sy optrede teenoor Dewie het nie noodwendig die regte uitwerking nie. Carla pas Lara op terwyl Louisa repeteer en Johan is bly daaroor. Dan probeer Thomas vir Lukas help, maar gaan die seuns teen regte ammunisie opgewasse wees?

Episode 19

10 Februarie

[email protected]

Dis hoogspanning en asem ophou om te sien of ons helde aan Sharky September se woede gaan ontsnap. Die spanning tussen Johan en Louisa bou op en Alex raak al meer gefrustreerd terwyl Lilian uiteindelik weer maanskyn en rose ervaar. Die klas kry ‘n opdrag dat hulle werke wat hulle in gedagte het, moet gaan bestudeer. Hannes is baie opgewonde om te begin sjef speel. Bianca gee vir Dewie ‘n slinkse plan wat veronderstel is om Thomas in ‘n baie slegte lig te stel.

Episode 20

17 Februarie

[email protected]

Nigel, die kok, help vir Hannes om vir Dewie netjies op sy plek te sit en ‘n vuurwarm les te leer. Alex leen haar ore aan verkeerde mense uit en raak baie hartseer. Louisa is nie meer seker of sy die regte besluit geneem het nie en Lilian en Lukas is die enigste karakters wat op die kruin van geluk is. Met die res gaan dit al hoe meer beroerd, behalwe met Hannes wat vir Dewie laat les opsê het, maar nou weet ons ook al reeds dat dit iets is wat Dewie bes moontlik in ‘n groter gemene monster gaan laat ontaard.

Episode 21

24 Februarie

[email protected]

‘n Onheilspellende sluiper maak sy opwagting by die skool. Hannes is weer sy ouself en Dewie is slu en gemeen. Geheimpies oor kinders in die skool begin uitlek en lei tot traanstortings. Louisa en Johan se verhouding kry ‘n geurige hupstoot. Alex vind troos in Hannes se arms en Thomas is jaloers. Hy verstaan nie wat aangaan nie. Gefrustreerd en verward, steur hy hom skaars aan die nuus van ‘n reeksmoordenaar wat ontsnap het.

 

Villa Rosa

Maandae tot Donderdae om 18:30

Episode 2040 – Maandag, 2 Februarie 2015

Sonja se onkunde agter die stoof begin haar inhaal. Maryke trek Anthony al hoe dieper in haar speletjie in. Vicky en Marius kom ooreen om nie romanse in hulle vriendskap in te bring nie. Fritz moedig Stef aan om Vicky te kontak, maar Stef is nog nie gereed nie. Stef konfronteer Nico oor sy verlede. Nes Stef dink hy en Gunther beweeg nader aan mekaar, doen Gunther iets wat Stef laat twyfel.

Episode 2041 – Dinsdag, 3 Februarie 2015  

Al is Stef kwaad vir Astrid, kom hy steeds vir haar op by Gunther. Carina kan nie verstaan hoekom is Eben skielik so gretig om in Bakgat te werk nie, terwyl Sonja haar bes doen om self vir die Villa Rosers kos te maak. Marius sê Vicky moet besluit oor haar toekoms en Fritz plaas dieselfde druk op Stef. Intussen probeer Nico vir Gunther manipuleer, maar dis nie so maklik nie…

Episode 2042 – Woensdag, 4 Februarie 2015  

Nico speel ‘n manipulerende dubbelspel met Gunther en Fritz. Stef is nog steeds op ‘n donker plek en hy skok Gunther met ‘n onverwagse geskenk. Maryke het Anthony in die holte van haar hand, maar Isabel het haar bedenkinge. Marius se verhouding met Vicky loop mooi, maar dan vat hy dit te ver.

Episode 2043 – Donderdag, 5 Februarie 2015

Stef wil van Astrid se as ontslae raak, maar Gunther stel meer belang in wat tussen Stef en Astrid gebeur het. Nico maak ogies vir Sonja en sy laat haar dit welgeval. Anthony raak net dieper betrokke by Maryke se lewe, al wil sy skynbaar glad nie sy hulp hê nie. Gunther kry herinnerings uit sy kinderjare wat meebring dat hy nog meer vrae het en Vicky maak ‘n bekentenis teenoor Marius.

Episode 2044 – Maandag, 9 Februarie 2015

Maryke speel lustig voort maar dit lyk of een van haar spanmaats lont ruik. Nico poog om Astrid se plan vir Stef te volvoer en word uitgevang. Fritz probeer vrede in die Villa handhaaf en terselfdertyd vir Stef ondersteun. Marius is onseker oor sy gevoelens en Astrid los vir Gunther ‘n paadjie van broodkrummels. Lei dit na iets waardevol of is dit haar laaste lag?

Episode 2045 – Dinsdag, 10 Februarie 2014  

Daar raak geld uit Isabel se beursie weg en sy vermoed wie die dief is. Stef wonder oor Marius en Vicky se verhouding, maar Fritz vat hom vas. Carina voel haar lewe is leeg. Anthony weier om te aanvaar dat Maryke vals is. Nico maak Sonja die hof, maar hy kom agter dis nie so maklik nie. Gunther gaan na Isabel met ‘n interessante aanbod, maar sy jaag hom weg.

Episode 2046 – Woensdag, 11 Februarie 2015  

Louw is steeds siek en Marius slaap tot Stef se ontsteltenis in die loft oor om Vicky te help. Nico maak seker Sonja bly aan sy kant, terwyl Isabel Maryke om verskoning vra vir die misverstand met die geld. Eben ontdek iets wat hom agterdogtig maak oor Nico, en Gunther snuffel verder in die Villa se kelder rond.

Episode 2047 – Donderdag, 12 Februarie 2015  

Stef is op ‘n donker plek en maak skokkende aantygings, nie net teenoor Vicky en Marius nie, maar veral teenoor Fritz en Isabel. Anthony probeer ‘n goedkoop kamer vir Maryke beding, maar loop hom lelik vas met Fritz. Nico en Gunter speel kat en muis met mekaar, en Eben is vasgevang in die middel.

Episode 2048 – Maandag, 16 Februarie 2015

Stef probeer om verskoning vra vir sy optrede tydens die vergadering, maar niemand het veel simpatie met hom nie. Maryke speel haar speletjie met groot selfvertroue en Anthony steur hom min aan Isabel se waarskuwings. Sonja is vies vir Nico en hy moet hard werk om haar vertroue terug te wen. Gunther en Marius argumenteer oor Isabel se aandele en wanneer Stef by Bakgat instorm, spat die vonke.

Episode 2049 – Dinsdag, 17 Februarie 2015

Isabel kom tot Stef se redding en skilder vir hom ‘n grimmige prentjie van sy toekoms sou hy besluit om op sy huidige pad te bly. Vicky en Marius het ‘n ernstige gesprek in die lig van wat die vorige dag tussen hulle gebeur het. Stef poog om sy lewe om te draai. Maryke speel te heerlik met almal maar hoe lank nog voor iemand lont ruik? Nico behaal uiteindelik sukses.

Episode 2050 – Woensdag, 18 Februarie 2015

Iets verdwyn uit die Villa en Eben besluit Nico is die dief. Stef laat Vicky verstaan dat hy alles gaan uithaal om haar terug te wen. Carina is besorg oor Sonja se gevoelens vir Nico. Maryke se rol van slagoffer verander na verleidster. Gunther wil Isabel se Villa-aandele koop, maar hy besef hy sal moet baklei daarvoor. Gaan Anthony voor sy begeertes swig, of gaan hy betyds deur Maryke sien?

Episode 2051 – Donderdag, 19 Februarie 2015  

Anthony is klei in Maryke se hande, terwyl Isabel gefrustreerd is dat Fritz skielik twyfel of hy haar Villa-aandele moet koop. Gunther probeer steeds geld in die hande kry om Isabel ’n aanbod te maak en Nico sorg dat hy in Sonja se goeie boekies bly. Stef kry uiteindelik bewyse dat Nico ’n bedrieër is en jaag hom weg by die Villa, maar dan vang Nico vir Fritz onverhoeds met ’n skokkende onthulling.

 

Episode 2052 – Maandag, 23 Februarie 2015  

Stef het inligting oor Nico wat hy met Fritz wil deel, maar Nico is hom een voor. Maryke manipuleer Anthony meer en meer, en Anthony weet steeds nie wie en wat sy regtig is nie. Isabel se aankondiging dat sy die land verlaat, vang almal onkant. Fritz die meeste van almal.

Episode 2053 – Dinsdag, 24 Februarie 2015

Stef is gefrustreerd dat Nico hom bly ontwyk en Fritz belowe hom dat hulle so gou moontlik die saak sal uitsorteer. Anthony en Maryke is versigtig optimisties oor die moontlikheid dat hulle Isabel se loft kan huur en hul eie nessie begin skop. Fritz gaan maak vrede met Isabel en het goeie nuus vir haar. Carina is nie so seker dat Eben nie gepla is oor sy pa se jong meisie nie. Stef dink Nico se nuus is uiters snaaks.

Episode 2054 – Woensdag, 25 Februarie 2015

Nico het vir Fritz en Sonja in sy sak maar Stef is oortuig sy storie is te dik vir ‘n daalder. Nico vang hom onkant met ‘n onverwagse voorstel. Carina probeer peil hoe Eben werklik oor AJ se nuwe romanse voel, maar dit, of eerder Eben, ontplof in haar gesig. Anthony en Isabel sit weer vas oor Maryke wat listig voortspeel. Gunther voel dinge draai uiteindelik in sy guns wanneer hy ‘n opwindende ontdekking maak.

Episode 2055 – Donderdag, 26 Februarie 2014  

Sonja se agterdogt oor Anthony en Maryke groei. Fritz gee vir Eben goeie raad. Marius reik uit na Carina en sy moet baklei teen haar gevoelens vir hom. Anthony en Isabel maak vrede. Nico waarsku Sonja om ’n wag voor haar mond te plaas. Carina het inligting oor AJ wat sy nie met Eben wil deel nie. Gunther kry ’n onaangename verrassing. En wat is die konneksie tussen Maryke en Nico?

Binnelanders

Maandae tot Vrydae om 19:30

 

Maandag, 2 Februarie

(Episode 1001/2133)

Nie almal in die Ferreira-huishouding dink daar is rede tot feesviering nie, en Zadie hoor ‘n onsamehangende gesprek aan. Van ontmoet vir Susanna, en Gustav kry perspektief uit ‘n onverwagse oord.

 

Not everyone in the Ferreira household think there is a reason to celebrate, and Zadie is the only audience member of an incoherent speech. Van finally meets Susanna, and Gustav gets perspective from a very unlikely source.

Dinsdag, 3 Februarie                                                             

(Episode 1002/2134)

Zadie sukkel geweldig met repetisies – tot Merle haar sê gesê kry. Okkie het nuus oor Meneer Buys, en Van dink daar is ‘n slang in die gras wanneer Cheri-Lee opsoek is na Gustav. Nick en sy tante praat openhartig oor die liefde, en Wimpie het sy mes in vir Bea. Susanna word aangeval.

 

Zadie struggles with the rehearsals – until Merle is able to say her say. Okkie has news about Mr Buys, and Van thinks something is fishy when Cheri-Lee is looking for Gustav. Nick and his aunt talk about love, and Wimpie has it in for Bea. Susanna is attacked.

Woensdag, 4 Februarie

(Episode 1003/2135)

Cheri-Lee maak beloftes wat Van nie vertrou nie, en Zadie sien ‘n anderkant van Nicholas. Jana wil haar kontrak bespreek, en ‘n stryery oor ‘n haan staan in die pad van Wimpie se nuwe belangstelling. Ilse moet Ivanka herinner aan hoe belangrik familie is, en dis duidelik dat Cheri-Lee baie probleme het.

Cheri-Lee makes promises that Van can’t trust, and Zadie sees Nicholas in a different light. Jana wants to talk about her contract, and a chicken gets in the way of Wimpie’s new interest. Ilse has to remind Ivanka about the importance of family, and it is very clear that Cheri-Lee has more than enough problems.

Donderdag, 5 Februarie

(Episode 1004/2136)

Susanna gee vir Jana raad oor hoe om At te benader, en Ivanka sit met die hande in die hare. Pippa vra Rian ‘n ongemaklike vraag, en Cheri-Lee vra Gustav vir hulp. Daar is ‘n hewige konfrontasie in ‘n amper donker kamer en Susanna en Anton deel so bietjie meer oor hul onderskeie verledes met mekaar.

Susanna gives Jana advice on how to deal with At, and Ivanka has no idea what to do after her discovery. Pippa asks Rian a somewhat uncomfortable question, and Cheri-Lee asks Gustav for help. There is a showdown in an almost darkened room, and Susanna and Anton share a bit about their pasts with each other.

Vrydag, 6 Februarie                                                              

(Episode 1005/2137)

Susanna is nie seker of Anton ooit sal herstel na sy laaste terugslag nie, en Karli rig ‘n waarskuwing aan Adelyn oor Nick, en At vang ‘n vyand by Jana. Cheri-Lee geniet die hospitaal se kos, en Merle verduidelik wat sy eintlik in Pretoria kom doen het. Susanna neem ‘n ‘gevangene’.

 

Susanna is not sure if Anton will survive his latest decision, and Karli warns Adelyn about Nick. At catches a sworn enemy with Jana, and Cheri-Lee enjoys the hospital’s food. Merle explains what she actually came to Pretoria for, and Susanna makes someone her ‘hostage’.

 

 

 

Maandag, 9 Februarie

(Episode 1006/2138)

Pippa kry ‘n moeilike taak om te verrig, en die meisies het geen keuse as om by die woonstel te oefen nie. Cheri-Lee se planne om geld te maak is nie altyd so betroubaar nie, en Rian en Jana praat oor haar beginsels. Morné se goeie daad blyk nie waardeer word nie, en Okkie wil iets persoonlik by Naomi weet.

 

Pippa is given a very difficult task, and the girls will have to resort to their flat if they want to put on a show. Cheri-Lee’s plans to make money arent always above board. Rian and Jana have a talk about her principles, and Morné’s good deed doesn’t go unpunished. Okkie wants personal information from Naomi.

 

Dinsdag, 10 Februarie

(Episode 1007/2139)

Susanna sit haar voet neer, Jana besef dat At baie meer hardkoppig is as sy en Pippa word teen die mure uitgedryf deur At. Cheri-Lee het slegte nuus vir Ivanka, en Nick se afspraak verloop glad nie soos wat hy dit beplan het nie. Ivanka maak ‘n moeilike keuse ter wille van veiligheid.

 

Susanna puts her foot down – and is then caught offguard when At does the same. Jana realises that At is even more stubborn than she thought. Pippa is going to lose it with the high demands, and Cheri-Lee has bad news for Ivanka. Nick’s date doesn’t go as planned, and Ivanka makes a decision based on safety.

 

Woensdag, 11 Februarie                                                       

(Episode 1008/2140)

Cheri-Lee en At het ‘n uitval in ‘n privaatsaal, en Jana moet besluit wat sy volgende gaan doen. Ilse vind uit wat presies in Brakpan aan die gang is, en Ivanka vra Wimpie se hulp. Merle kom te hore van Nick se afspraak, en daar wag ‘n verrassing by die Ferreira’s vir Ivanka. Adelyn word uitgevra, en dit lyk nie asof Jana se plaasvervanger suksesvol gaan wees nie.

 

Cheri-Lee en At have a falling out in a private room, and Jana has to decide what she will be doing next. Ilse finds out exactly what is going on in Brakpan, and Ivanka asks Wimpie for help. Merle hears about Nick’s date, and there is a surprise for Ivanka at the Ferreira house. Adelyn is asked out, and it looks like the newest member of the hospital isn’t coping too well.

 

Donderdag, 12 Februarie                                                      

(Episode 1009/2141)

‘n Familievergadering vind plaas sodat Ilse haar plan van aksie kan verduidelik. Pippa vra Daleen se hulp met Vicky, en Adelyn is jaloers op ‘n onwaarskynlike vriendskap. Die spoke van die verlede wil nie vir Zieg alleen laat nie, en Gustav se nuus vir At laat hom twee keer dink oor waarmee hy besig is.

 

A family meeting is called so that Ilse can explain her plan of action. Pippa asks Daleen for help with Vicky, and Adelyn is jealous about a very unlikely friendship. The ghosts of Zieg’s past doesn’t seem to want to stop haunting him, and Gustav’s news makes At think twice about what he is doing.

 

Vrydag, 13 Februarie                                                                        

(Episode 1010/2142)

Cheri-Lee maak die lewe bitter moeilik vir Ivanka, en Susanna besef daar is fout met At. Langvingers en George blyk albei weer in die mode te wees, en Okkie kom tot iemand se redding. Zadie se partytjie ruk ‘n bietjie hand uit en Naomi verwag ‘n belangrike oproep. At is beslis nie beindruk met Jana nie – en maak geen geheim daarvan nie.

 

Cheri-Lee makes life extremely hard for Ivanka, and Susanna realises that there is a problem with At. Five finger discounts and George seem to both be back in fashion, and Zadie’s party is going to burst at the seems. Naomi is expecting a very important phone call and At is really not impressed with Jana – and makes it very clear.

 

 

Maandag, 16 Februarie

(Episode 1011/2143)

Cheri-Lee het planne met Ivanka se opvoering, en Pippa sukkel om Rian in die hande te kry. Zieg se verlede spook nog by hom, en Zadie is ontsteld oor Merle. Die moeilikheid hou net nie op vir At nie, en ‘n baie jaloerse Adelyn neem ‘n besluit – en gaan oor tot aksie. Cheri-Lee draai Ivanka om haar pinkie, en At gryp na sy bors…

 

Cheri-Lee has plans with Ivanka’s show, and Pippa cant get hold of Rian. Zieg’s past is haunting him even more, and Zadie is upset about Merle. Trouble just cant seem to get out of At’s way, and a very jealous Adelyn makes a decision – and acts on it. Cheri-Lee manipulates Ivanka, and At grabs his chest…

 

Dinsdag, 17 Februarie

(Episode 1012/2144)

Dit lyk asof Adler die hef in die hand het, en Adelyn en Zadie reageer op nuus oor die opvoering. Pippa moet vinnig en flink op haar voete dink, en Cheri-Lee is verleë oor werk. Susanna neem die leisels oor – maar ook nie vir te lank nie – en Merle besef wat die verhouding is tussen Okkie en Zadie. Jana bewys haar lojaliteit – en gee ‘n ultimatum.

 

It looks like Adler might have the upperhand, and Adelyn and Zadie react on the news about the production. Pippa has to think very quickly on her feet, and Cheri-Lee is worried about work. Susanne takes charge – but not for too long – and Merle realises what the relationship is between Okkie and Zadie. Jana shows exactly where her loyalty lies – and then gives an ultimatum.

 

Woensdag, 18 Februarie                                                       

(Episode 1013/2145)

Jana onderhandel oor ‘n kontrak, en Cheri-Lee gebruik die kostrollie as ‘n verskoning om haar notaboekie te gebruik. ‘n Foto bring baie heimweë vir ‘n pasiënt, en Zieg is terug. Testamente is aan die orde van die dag, en Nick hoor ‘n voëltjie fluit oor hartsake.

 

Jana tries to negotiate a contract, and Cheri-Lee uses the foodtrolley as an excuse to use her little notebook. A photo bring back many memories for a patient, and Zieg is back. Wills are at the orde4r of the day, and Nick hears a little bird singing about matters of the heart.

 

Donderdag, 19 Februarie                                                      

(Episode 1014/2146)

Zadie en Nick praat met mekaar oor hul pa’s en Cheri-Lee het groot planne vir die aand. Jana en Susanna besef nie die omvang van hul besluite nie, en Merle wil meer weet oor Nick se liefdeslewe. Daleen voel jammer vir Karli en haar pasiënt en die waarheid wil maar net nie sy pad vind nie…

 

Zadie and Nick talk to each other about their respective father, and Cheri-Lee has big plans for the night. Jana and Susanna don’t fully realise what they have let themselves into, and Merle wants to know more about Nick’s love life. Daleen feels sorry for Karli and her patient, and the truth just doesn’t want to find its right way…

 

Vrydag, 20 Februarie                                                                        

(Episode 1015/2147)

Leon praat met Anton oor Anleo, terwyl ‘n onverwagse oproep kan die einde van Cheri-Lee se goeie aand beteken. ‘n Spesiale konsert word opgevoer, en Rian het die antwoord vir At se ongeloof in Jana. Morné-hulle se les word onderbreek deur Ilse en Nagskof blyk ‘n stukkie oase te wees vir Adelyn. Anton praat sy mond verby.

 

Leon talks to Anton about Anleo, while an unexpected call might mean the end of Cheri-Lee’s winning night. A very special concert is held, and Rian has the answer to At’s disbelief in Jana. Ilse disrupts Morné and the gang’s little lesson, and Nagskof is the perfect oases for Adelyn. Anton unknowingly spills the beans.

 

Maandag, 23 Februarie

(Episode 1016/2148)

Daar is komplikasies in Merle se toestand en foto’s is dalk die begin van Susanna se ontdekkingsreis. Merle maak haar hart oop teenoor Zadie en dit wil voorkom asof Jana haar voete begin vind. Ilse reël ‘n spesiale vergadering – en besef dat sy geen idee het wat die Gouwse moes deurmaak nie. ‘n Geslote deur en ‘n bekentenis is dalk die begin van die einde.

 

There are complications in Merle’s health, and photos might be the beginning of Susanna’s new enlightenment. Merle upons her heart to Zadie, and it seems like Jana is finding her feet. Ilse organises a special meeting – and realises that she has no idea what the Gouwse had to endure. A closed door and a confession might be the beginning of the end.

 

Dinsdag, 24 Februarie

(Episode 1017/2149)

Die geheim is uit in die gange van Binneland Kliniek en die personeel sit op hete kole en wag vir terugvoer. Susanna gaan duidelik nie maklik opgee wanneer Zieg besluit hy wil nie meer in die verlede krap nie. Iemand kry ‘n tweede kans op die lewe en Zadie vermoed dat alles nie pluis is met Merle nie.

 

The secret is out in the corridors of Binneland Kliniek – and the staff are waiting impatiently to hear the news. Susanna is not going to give up so easily when Zieg decides that he doesn’t want to live in the past anymore. Someone gets a second chance on life, and Zadie realises that something isnt right when it comes to Merle.

 

Woensdag, 25 Februarie                                                       

(Episode 1018/2150)

Merle het ‘n boodskap vir ‘n hardkoppige Gertrude en Cheri-Lee is senuagtig oor die sentrum. Zieg sê vir Susanna dat At is ‘n gevaarlike man en Merle is opgewonde om haar suster te sien. ‘n Ete-afspraak kan lei tot ‘n herontmoeting en Pippa maak seker Rian weet wat op hom wag…

 

Merle has a message for Gertrude, and Cheri-Lee is nervous about the centre. Zieg tells Susanna that At is a very dangerous man, and Merle is really excited about the prospect of seeing her sister. A dinner date could lead to a chance meeting, and Pippa makes sure that Rian knows what he is in for…

 

Donderdag, 26 Februarie                                                      

(Episode 1019/2151)

Naomi maak ‘n ontdekking oor Kobus wat haar ontstel en Cheri-Lee oorreed iemand anders in die sentrum om saam met haar ‘pret’ te hê. Okkie probeer om die swaar taak makliker te maak vir Zadie. Ronnie raak betrokke in ‘n geveg wat nie in die kryt plaasvind nie en At wil vir Susanna help met die sentrum. Okkie bevind homself in ‘n moeilike posisie rakende Merle.

 

Naomi makes a discovery about Kobus that she doesn’t really like, and Cheri-Lee convinces someone else from the centre to have fun with her. Okkie tries to make a very difficult task easier on Zadie and Nick, and Daleen thinks Pippa’s hormones are going to drive her round the bend. Ronnie was in a fight – and not in a cage – and At wants to help Susanna with the centre. Okkie is caught between a rock and a hard place where Merle is concerned.

 

Vrydag, 27 Februarie                                                                        

(Episode 1020/2152)

Wimpie tree onsensitief op en terwyl almal gereed maak vir ‘n begrafnis maak Naomi haar gereed vir die ergste. At eis sy pond vleis en Cheri-Lee probeer dinge regmaak met Ivanka en dan daag iemand baie onverwags op in Pretoria. Cheri-Lee maak ‘n besluit oor wie sy die man in haar lewe wil maak en Adler vryf sout in At se wonde.

 

Wimpie’s behaviour is not just unsensitive – but also uncalled for. While everyone else is getting ready for a funeral, Naomi is getting ready for the worst. At wants his pound of flesh, and Cheri-Lee tries to make ammends with Ivanka – but she doesn’t want to hear about it. Someone very unexpected pitches up in Pretoria, and Cheri-Lee decides on whom she wants to be the man in her life. Adler rubs salt in At’s wounds.

 

Akteurs

Jana du Preez Brümilda van Rensburg

Karli du Preez Pascal Pienaar

Ilse Ferreira Hannelie Warren

Naomi Ferreira Je-ani Swiegelaar

Okkie Ferreira Ben Kruger

Morné Gericke Ruan Wessels

Suster Daleen Jonker Desiré Gardner

Dr. Tertius Jonker Reynardt Hugo

Dr. Gustav Kemp Stefan Ludik

Dr. At Koster Hans Strydom

Suster Pippa Malherbe Nadia Valvekens

Rian Malherbe Erik Holm

Zadie September Quanita Adams

 

Gasspelers

Margot Brink Amalia Uys

Dr. Zieg Combrink Gys de Villiers

Frankie Cloete Andrew White

Wimpie du Toit Paul Luckhoff

Morné Gericke Ruan Wessels

Ivanka ‘Van’ Gouws Leandie du Randt

Cheri-Lee Gouws Nicola Hanekom

Adelyn Jacobs Zeena Edwards

Nina Jonker Lumé Vorster

Kobus Marais Robbie Wessels

Susanna Meyer Elize Cawood

Toeks Müller Franci Swanepoel

Breggie Julie Strydom

David David Mello

Emil Deànré Reiners

Mnr. Roussow Gérard Rudolf

Merle June van Merch

 

 

 

 


 

KykNET Musiek

 

Hoor-Hoor

 

Episode 45

5 Februarie

‘n Liedjieskrywer van formaat en sanger wat oor sielvolle dinge sing. Hulle sê dat die gras nie altyd groener is aan die anderkant nie, maar met Gian Groen aan die anderkant sal dit definitief wees. Die man is bekend vir liedjies soos Vier seisoene kind en vele ander wat al uit sy pen gevloei het.

 

Episode 46

12 Februarie

Februarie is die maand van liefde en met Valentynsdag om die draai is dit Kevin Leo wat die vrouens se harte verower met sy serenades. Die mans kan egter ook nader skuif, want dié sanger het iets vir almal, veral as Opera jou ding is.

 

Episode 47

19 Februarie

Retief Burger is ‘n diep man, wat sy Christelike waardes uitleef, nie net in sy daaglikse lewe nie, maar ook in sy musiek. Frankie vra hom meer uit oor sy geloof en sy nuwe getroude lewe.

 

Episode 48

26 Februarie

Die twee broers het bekendheid verwerf as ‘Georgia’, maar fokus nou op hul eie sololoopbane. Andries Botha en Ghapi vermaak ons met hulle elkeen se unieke styl, maar sing ook as ‘Georgia’, spesiaal vir die Hoor-Hoor gehoor.

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *